Tuesday 30 April 2013

Agtergrond


Mense soebat my reeds lankal om ‘seblieftog my hand aan ietsie vermaakliks te waag – tevergeefs!

‘n Paar weke gelede het een van my kollegas (Liesel) begin om vir ons op ‘n Vrydag ‘n “phrase of the week” te stuur, met die opdrag om ons verbeelding vrye teuels te gee, en die storie daaragter te vertel … My drie fabrikasies het die kollegiale lagspiere dermate geprikkel dat ek (in ‘n oomblik van groot hubris) besluit om dit te gebruik (met die seënwense van genoemde Liesel) om my blog-bal as’t ware aan die rol te sit …

Wanneer die gogga my van tyd tot tyd byt, wil ek probeer om skryfseltjies, oor alles en nog wat, min of meer om die beurt in Engels en Afrikaans, te pos. Ek is maar redelik tegnofobies; dus sal my dogter, Mia, my met die tegniese aspekte van die projek bystaan.

Heil die leser!